OPEN: GAUTENG, CAPE TOWN, STELLENBOSCH, PAARL
Knowledge > Check Your Plate > Mains
Mains 2020/03/31 SAST
Eet Vir My Gene

"Vetsug hardloop in my familie": ‘n Gesegde wat gewoonlik geuiter word deur diegene wat dit moeilik vind om hul gewig te bestuur. Maar kan ons ons gene gebruik as ‘n verskoning in die gewigverloor stryd? Wetenskaplikes is besig om te verstaan hoe ons gene nie net die kleur van ons oë, liggaamsvorm en hoogte beïnvloed nie, maar ook hoe ons genetiese veranderlikheid ons vermoë kan affekteer om ‘n gesonde gewig te handhaaf.

Die DNS Taal
DNS is die genetiese materiaal waarvan ons liggaam gemaak is. Ons kry die helfte van ons DNS van ons moeder en die ander helfte van ons vader. Ons DNS bevat alle instruksies nodig vir die liggaamselle se optimale funksionering. Gene bestaan uit lang stukke DNS. Eenvoudig gestel, DNS is soos die alfabet en die gene is die woorde wat die DNS alfabet uitspel. Saam staan ons gene bekend as ons genoom, wat die liggaam se volledige lys van instruksies is.

Wat beteken dit wanneer ek ‘n genetiese variase het?
In 2003 het die revolusionere Human Genome Project elke enkele geen van die menslike liggaam gekarteer. Daar is ongeveer 22 300 gene, en alhoewel 99% dieselfde is, is daar soms klein variasies in ons gene - soos variasies in die kleur van ons hare en oë. Weens hierdie variasies, het ons almal ‘n unieke genetiese samestelling wat ons geneties en sigbaar verskillend maak.

Soms mag daar genetiese variasies wees wat ons moontlik kwesbaar maak. Hierdie kwesbaarheid word verder versterk in die konteks van swak omgewing en leefstyl faktore soos om oorgewig te wees, te rook, onaktiwiteit, ‘n lae vrugte en groente inname en ‘n hoë versagdigde vet inname, onder andere. Hierdie faktore, in samewerking met ons gene, mag ons gewig beïnvloed.

Moet jy jou gene toets?
Daar is vele kommersiële toetse beskikbaar in Suid-Afrika om jou gene te toets. Genetiese toetse kan ons help ons vetsug risiko te bepaal, hoe die liggaam reageer op koolhidrate en verskillende tipes vet (soos versadigde, mono-onversadigde en poli-onversadigde vette), ons reaksie op fisiese aktiwiteite, en selfs faktore soos versnapperings gedrag en ‘n gevoel van vol wees. Wanneer jy jou gene laat toets, laat dit jou toe om die omgewings- en leefstylfaktore te leer ken en aan te spreek. Wanneer ons ons unieke genetiese variasies verstaan, dan kan ons die komplekse legkaart bymekaar sit van ons gesondheid, en so ons benadering tot ons eetplan verpersoonlik. Dit help ons om baie van die raaiwerk uit te skakel en ons te fokus op die korrekte eetplan. Dus mag dit wees dat ‘n lae koolhidraat/hoë vet dieet vir ‘n vriend help om drasties gewig te verloor, maar dit het nie vir jou gewerk het nie.

Kan ek my ouers blameer vir my gewig?
Dit is ‘n skrikwekkende statistiek dat twee uit drie vroue in Suid Afrika oorgewig/vetsugtig is en net onder een derde van mans oorgewig/vetsugtig is. Dit is kommerwekkend om oorgewig te wees aangesien dit ‘n persoon se risko vir ander chroniese siektes soos kanker, hartsiektes en tipe 2-diabetes verhoog, en kan lei tot ‘n laer lewensgehalte. Daar is bewyse dat vetsug ‘n genetiese basis het. Die risiko van ‘n kind om oorgewig te wees is 10 keer hoër wanneer albei ouers oorgewig is en tot 4 keer hoër wanneer een ouer oorgewig is.

Daar is ook navorsing wat bewys dat variasies in enkele gene geassosieer kan word met oortollige gewig. Hier is ‘n paar geen variasies en hoe dit ons gewig kan beïnvloed:

Ons is Meer as Net ons Gene
Wetenskaplikes is versigtig om nie te veel klem te lê dat gene ‘n basis is vir die vinnige toename in die voorkoms van oorgewig/vetsug. Alhoewel gene ‘n groot rol mag speel, is dit moeilik om te weet watter deel het ‘n werklike invloed en watter deel is afhanklik van ‘n groep faktore wat binne ‘n familie voorkom. Want bo-en-behalwe 'n direkte genetiese neiging om oorgewig te wees, mag ons ook die swak gewoontes aanleer van ons ouers wat ons gewig kan affekteer, soos om groot porsies te eet, onaktief te wees, drankies met baie suiker te drink met maaltye, of om elke maaltyd af te sluit met nagereg.

Vir hierdie rede is dit belangrik dat ons besef dat die oorsaak van vetsug uit baie faktore bestaan. Terwyl daar 'n genetiese komponent is aan vetsug, is hierdie net 'n deeltjie van die groter en baie komplekse legkaart in die bestuur van gewig. Om te weet van jou gene is eenvoudig net nie genoeg nie: ons moet nogsteeds stappe neem om ons gewig en algehele gesondheid te verbeter. Terwyl genetiese toetse nie gewigsverlies-planne op sigself is nie, kan die toetse 'n hulpmiddel wees wat gebruik kan word deur geregistreerde dieetkundiges. Dit kan jou help om die nodige dieetveranderings te implementeer en jou gedrag te verander deur jou persoonlike genetiese resultate in ag te neem. Hierdie resultate kan ons op 'n pad van langtermyn en suksesvolle gewigsverlies lei.

VERWYSINGS
  1. H TJ, Lin E. The Pro12Ala polymorphism in the peroxisome proliferator-activated receptor gamma (PPARG) gene in relation to obesity and metabolic phenotypes in a Taiwanese population. Endocrine. 2015; 48(3):786–793.
  2. Liu Y et al. Association of the FABP2 Ala54Thr polymorphism with type 2 diabetes, obesity, and metabolic syndrome: a population-based case-control study and a systematic meta-analysis Genetics and Molecular Research. 2015; 14(1):1155-1168.
  3. Loos RJF, Yeo GSH. The bigger picture of FTO – the first GWAS-identified obesity gene. Nature reviews Endocrinology. 2014;10(1):51-61. doi:10.1038/nrendo.2013.227.
  4. Rhada V, Mohan V. Obesity – Are we continuing to play the genetic “blame game”? Advances in Genomics and Genetics. 2016;6:11-23.
  5. Saliba LF. et al. Obesity-related gene ADRB2, ADRB3 and GHRL polymorphisms and the response to a weight loss diet intervention in adult women. Genet. Mol. Biol., 2014; 37(1): 15-22.
  6. South Africa Demographic and Health Survey 2016: Key Indicator Report, Statistiek Suid Afrika.
  7. Szendrei B et al. Influence of ADRB2 Gln27Glu and ADRB3 Trp64Arg polymorphisms on body weight and body composition changes after a controlled weight-loss intervention. Applied Physiology, Nutrition, and Metabolism, 2016, 41(3): 307-314.
Latest Articles

The FitChef Food Label 101

Mon 28th Sep 2020

Be A Breakfast Lover

Tue 15th Sep 2020

Eat Clean Real Food With FitChef - DeliveryRank Interview

Tue 1st Sep 2020

FitChef Challenges - How Are They Different?

Tue 25th Aug 2020

Oh So Organic

Wed 5th Aug 2020

View all
Please see our fantastic products below:


Copyright ©ThymeFitChef 2024
WhatsApp