OPEN: GAUTENG, CAPE TOWN, STELLENBOSCH, PAARL
Knowledge > Check Your Plate > Mains
Mains 2020/03/19 SAST
Gaan Met Jou Maag
Nog voor geboorte en reg deur die lewensjare, lewe ons in harmonie met die 40 triljoen bakterieë en ander organismes in ons maag, saamgestel bekend as die maag mikrobiota. Hierdie groot samestelling van mikrobes is soos 'n unieke vingerafdruk waarvan elke persoon sy eie komposisie van besit. 'n Swak dieet, stres, medikasie soos antibiotika en verdowingsmiddels na 'n operasie, en ander faktore soos of jy normaal gebore is of deur ‘n keisernee kan veroorsaak dat 'n geweldige hoeveelheid voordelige bakterieë in jou maag afsterf.

Die bakterieë in jou maag help met die vertering van voedsel, reguleer ons immuniteitstelsel, en beskerm teen die skadelike bakterieë wat siektes veroorsaak, en produseer ook vitamiene. Om die maag gesond te hou deur goeie dieet keuses te maak is noodsaaklik vir die beheer van ‘n seer maag met simptome soos opblasing, krampe, oormatige wind, hardlywigheid, diarree, en ‘n gevoel van traagheid.

  1. Fokus op Vesel
    Dit is wel bekend dat ons maag vesel nodig het om dit gesond te hou. Oplosbare vesel, gevind in hawermout, hawersemels, lemoene, piesangs, appels, wortels, aarbeie, en peulgewasse soos bone, lensies en gesplete ertjies, dien amper soos 'n mop en help om die vloeistof in die maag te absorbeer. Dit help om 'n sagte, jellierige mengsel te vorm wat help om die ontlasting deur die derm te vervoer. Die ander tipe vesel is 'n onoplosbare vesel, bekend as ruvoer, 'n tipe vesel wat nie in water oplos nie. Dit is soos 'n besem wat stewig regdeur die lengte van die derm vee om ontslae te raak van die afvalstowwe, en word natuurlik gevind in volgraan (bv volgraan pasta, semels, bruin en wilde rys, mielies, hawer), neute en sade.

  2. Hallo Hidrasie
    Terwyl jy jou vesel inname vermeerder, onthou om ook meer vloeistowwe te drink. Veral in die maag is water nodig om voedingstowwe te vervoer en afvalstowwe te verwyder deur die urienestelsel en gereelde dermbewegings. Stil en vonkelende water kan albei bydra tot jou daaglikse water kwota, so ook kan kruie- of Rooibostee (sonder melk en suiker) en warm water, met of sonder 'n druppel suurlemoen sap. Water kan ook gegeur word met vars vrugte (bv opgesnyde appels, verskeie bessies, lemoen skyfies), kruie (kruisement, basiliekruid, roosmaryn). Jy kan ook tuisgemaakde ystee maak deur vier kaffeïenvrye teesakkies soos Rooibos in 1L warm water te week. Wanneer dit afgekoel het, verwyder die tee sakkies en gooi enige van die bogenoemde vrugte in en bedien as 'n drankie of gooi in yslollie-bakkies vir 'n verfrissende somers nagereg. En vir die tegnovaardige outjies, kan jy 'n water herinnering-toepassing aflaai op jou slimfoon om jou te help om gesonder waterdrink-gewoontes aan te leer.

  3. Die Immuunstelsel
    Soms word die liggaam se natuurlike herstelprosess uitgeput. 'n Swak dieet speel 'n groot rol: oormatige alkohol, rook, te veel verfynde en geproseseerde kosse en transvette, en te min vrugte en groente. Dit dra alles by tot sellulêre en DNS skade wat kan lei tot ‘n swak immuniteitstelsel en jou kwesbaar maak vir gevare soos hartsiektes, tipe 2 diabete, kanker, asook plooie, veroudering, en geheue verlies.
Dis ongelooflik om te dink dat 65% van ons immuniteitstelsel word in die maag gevind (Mayer et al, 2012). Dit wil sê dat 'n gesonde maag help om ons immuniteitstelsel in tip-top vorm te hou. Anti-oksidante is die tipe voeding wat kan help met die bevordering van die immuniteitstelsel. Duisende bestandele kan optree as anti-oksidante soos quercetin (bv appels, rooibosbessie, uie, blaarslaai, broccoli, tamatie, olyf olie), catechins (bv tee), flavones (bv seldery, pietersielie), antosianiene (bv kersies, frambose, bessies, druiwe), resveratrol (bv rooi druiwe, rooi wyn), lignans (bv gars, granaatjie, lynsaad), tanniene ( bv peulgewasse en groenblaar groente), phytoestrogens (bv soja), en luteïen en zeaxanthin (bv eiers)

Die FitChef Verskil
Hier is die hoofredes hoekom FitChef 'n wenner is vir maag-gesondheid:

Verwysings
  1. Collado MC, Rautava S, Aakko J, Isolauri E, Salminen S. Human gut colonisation may be initiated in utero by distinct microbial communities in the placenta and amniotic fluid. Scientific Reports. 2016; 6:1-13.
  2. Klinder A et al. Impact of increasing fruit and vegetables and flavonoid intake on the human gut microbiota. Food and Function, 2016;4 (7):788-1796. Beskikbaar by: https://pubs.rsc.org/en/content/articlelanding/2016/fo/c5fo01096a/unauth/.
  3. Oriach CS. Robertson RC, Stanton C, Cryan JF, Dinan TG. Food for thought: The role of nutrition in the microbiota-gut-brain axis. Clinical Nutrition Experimental. 2016;6:25-38.
  4. Sender R, Fuchs S, Milo R. Revised Estimates for the Number of Human and Bacteria Cells in the Body. PLoS Biol. 2016;14(8).
  5. Shahidi F, Ambigaipalan P. Phenolics and polyphenolics in foods, beverages and spices: Antioxidant activity and health effects – A review. Journal of Functional Foods. 215; 18:820–897.
Latest Articles

The FitChef Food Label 101

Mon 28th Sep 2020

Be A Breakfast Lover

Tue 15th Sep 2020

Eat Clean Real Food With FitChef - DeliveryRank Interview

Tue 1st Sep 2020

FitChef Challenges - How Are They Different?

Tue 25th Aug 2020

Oh So Organic

Wed 5th Aug 2020

View all
Please see our fantastic products below:


Copyright ©ThymeFitChef 2024
WhatsApp